TROUTBECK INN

Luukse oord in Nyanga in die Oostelike Hooglande van Zimbabwe.

BOOK NOW AND ONLY PAY 5% ON YOUR BOOKING

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BESPREEK NOU >>


Troutbeck Inn - Algemeen

Troutbeck Inn is al vir meer as 45 jaar lank op die toerismetoneel van Zimbabwe. Die knetterede houtvuur in die ontvangsarea van die hotel is steeds ‘n gunsteling, en gaste van die wêreld oor geniet die “buiteklub”-atmosfeer van hierdie uitstekende bestemming in Nyanga, Zimbabwe.

 

Die Ligging

Niemand kan jou blameer as jy dink die Troutbeck Inn is in die Skotse Hooglande, eerder as in die Nyanga-berge van Zimbabwe nie. Die majestieuse Inyangani-berg van 2600 m is baie naby aan die Troutbeck Inn, wat in die koeler Oostelike Hooglande van Zimbabwe naby Nyanga geleë is, slegs drie ure per pad vanaf Harare.

 

Akkommodasie

Gaste gaan tuis in 73 smaakvol ingerigte kamers, met ‘n verskeidenheid keuses – van koningsgrootte beddens tot enkelbeddens. Daar word baie goed na gestremde gaste omgesien, en vir die reisende gesin is daar ook ‘n gesinsuite by die Troutbeck Inn. Alle kamers bied en-suite badkamers, haardroër, tee-/koffie-stasies, satelliet-TV, olieverwarmers en lugversorging, asook ‘n telefoon.

Die Beck Restaurant bedien uitstekende etes vir tot 160 gaste en kyk op die goedversorgde tuine van die Troutbeck Inn uit. Gedurende die somermaande in Nyanga geniet die gaste dit om op die buite-terras te eet wat op die manjifieke gholfbaan uitkyk.

Die “Hare and Hound” is die Troutbeck Inn se knus kroegie met ‘n gesellige houtvuur. Dit is ideaal vir ‘n drankie voor ete. Indien boeke, roomskons en tee eerder meer na jou smaak is, sal jy die sitkamer by die Troutbeck Inn onweerstaanbaar vind. Dit het gemaklike banke, ‘n kaggel en het ‘n kroegdiens en ligte spyskaart. Die tuin van die Troutbeck Inn, Nyanga, Zimbabwe, is perfek vir ‘n piekniek. Die kombuis voorsien gourmet piekniekmandjies – jy sal dink jy is in die paradys. Indien jy op ‘n daguitstappie wil gaan, sal die kombuispersoneel met graagte ‘n ontbyt of middagete inpak.

 

 

Aktiwiteite

Die Troutbeck Inn bied iets vir almal: vir die wat lief is vir die buitelug, of vir die boekwurms wat op die gemaklike banke wil uitspan met ‘n goeie boek. Daar is forelhengel, gholf, muurbal, tennis, rolbal, vlugbal en ‘n swembad. Gaste kan in die Nyanga-berge voetslaan of perdry, of die Mtazari-watervalle, Nyamziwa-watervalle, Nyangombe-watervalle, World’s View en Eagle’s View besoek.

As jy wil probeer forelhengel in die meer met drie forelspesies, moet jy jou eie hengeltoerusting verskaf. Indien jy ‘n forel uittrek, sal die kombuispersoneel graag jou vangs vir jou voorberei. Ander geriewe wat deur die Troutbeck Inn aangebied word, sluit ‘n speletjieskamer (met bordspeletjies, veerpyltjies, biljart en tafeltennis), speelgrond, winkel asook wasgoed- en babawagterdiens in.

Die Troutbeck Inn het bekend geword as ‘n gerekende konferensie- en huwelikslokaal. Die sentrale Rainbow Trout Suite kan tot 250 gaste huisves. Die Brown Trout raadsaal het ‘n pragtige houtafwerking en die uitsig deur die reuse glasdeure sal selfs die mees verveelde konferensieganger inspireer.

Die tuine by die Troutbeck Inn kan ook maklik gebruik word om 350 gaste te huisves.

Alle konferensielokale by die Troutbeck Inn is lugversorg (of verwarm in die winter) en sluit TV/DVD, oorhoofse projektors, blaaiborde, witborde en boodskapborde in.